Thursday, July 27, 2023

LIG

 

My lig, verlig

alles was mooi en

kosbaar is

sielvoedend


My lig, verlig die duister

wat my soos 'n ongenooide gas

wil versmoor


Ek kyk na binne

soek my eie skakelaar

die wêreld wil my uitdoof

verdoof, vermoor


Tog bly ek flikker

my stroombaan versterk

vele om my, ken my, sien my...


Ek verlig WEER,

Ek voel gerus, vrede

Ek leef my lig....


Vir Mia 27/07/2023


Monday, July 24, 2023

Agter die (BE)skerm


Sensitiewe siel, en hande 


antisipeer, gereed

afwagting en verLIGting


Jy het die kollig verruil

vir hoendevleis oomblikke

diep, donker, privaat


Jy hou jou asem op

sing elke noot in jou kop

voel elke teug van asem, 

spanning, ontspanning


JY leef vir ander

Jy LEEF vir ander 

Jy leef vir ANDER


Slegs met eiewaarde

kom onverdiende uitdeel 

van liefde

jy ken sagmoedigheid - STERK


daarom mag jy agter die skerms skuil

vervuld, geliefd, privaat

maar nooit alleen


(vir Jak)









Saturday, May 13, 2023

Moederhardt


Moet hier deur

Moed hou

My hand styf om my familie


Mag nie wankel nie

Mos deel van my bestaan

My hart styf om my familie


Maak alles reg

Moeilik is nie 'n opsie nie

My alles styf vas in My Vader se genade


L Steenkamp 14 Mei 2023



Sunday, April 30, 2023

‘n Nuwe Hoofstuk

 


Ek sluit die hoofstuk af

Op ‘n klimaks –

Ek het vervulling gevind

 

Êrens verlang ek na eenvoud en sagmoedige versorging

Vir my kind, man en honnekinners

 

Ons is almal wiser, gryser

Het afgeklim uit die gejaag

Bid eerder vir ‘n empatieke gemeenskap

 

Eet stadiger, leef in die oomblik

Sê MEER ons is lief vir mekaar

Sien die mooi in alles

 

So wag ek dan maar vir my nuwe

Sagter, stadiger hoofstuk

Bly standvadstig

 

L Steenkamp 28 April 2023

Skoon

 




 Reën maak skoon

Elke drupel beplan deur die Opper hand

 

Spoel. Sleur, Strome

Watter een nodig jy vandag?

 

Dou druppels? Appelkoos reën of

‘n Vrystaatse donderstorm

 

Vandag is ek tevrede met

Kaapse motreën

Sag en deurdrenk

Soos God se genade

 

L Steenkamp 29 April 2023

Saturday, September 19, 2020

Onsigbare Vyand

 19 Julie 2020

Jy het gekom sonder dat ons werklik besef

Ons lewens omgekantel, onderstebo en deurmekaar

Ons vryheid is is ingeperk, dit verstaan ons...

maar waar is ons lewens, ons brood en botter, ons sorgelose dae?


Weggeruk is mens, dier familie en plesier

Ons land bloei, ons mense verslae en kinders honger


Wanneer hou dit op, ons is moeg vir wegkruip

hierdie onsigbare vyand lê ons samelewing bloot

niemand kan meer wegkruip van ongelykheid, armoede en lee hande nie


Ons enigste behoud:

fokus op die NOU, begin van VOOR

Dalk was dit nodig vir die onsigbare vyand om ons weer te laat sien....




Thursday, July 2, 2020

Gedig vir my leen-kind



Ek wens ek kon dit vir jou makliker maak
My hart verskeur
Ek ken die pyn

Ek wens ek kon dit vir jou regmaak
My hart verskeur
Ek kan nie, ek voel jou pyn

Ek kan jou toedraai in 'n omgee kombersie, 'n verstaan kombersie, 'n slaap kombersie, 'n ek-voel-saam-met-jou kombersie

Ek is hier
My hart bly verskeur

2Julie2020
(Opgedra aan Monique)