Ek sluit
die hoofstuk af
Op ‘n
klimaks –
Ek het
vervulling gevind
Êrens
verlang ek na eenvoud en sagmoedige versorging
Vir my kind,
man en honnekinners
Ons is
almal wiser, gryser
Het
afgeklim uit die gejaag
Bid eerder
vir ‘n empatieke gemeenskap
Eet
stadiger, leef in die oomblik
Sê MEER ons
is lief vir mekaar
Sien die
mooi in alles
So wag ek
dan maar vir my nuwe
Sagter,
stadiger hoofstuk
Bly
standvadstig
L Steenkamp
28 April 2023
No comments:
Post a Comment