Saturday, September 19, 2020

Onsigbare Vyand

 19 Julie 2020

Jy het gekom sonder dat ons werklik besef

Ons lewens omgekantel, onderstebo en deurmekaar

Ons vryheid is is ingeperk, dit verstaan ons...

maar waar is ons lewens, ons brood en botter, ons sorgelose dae?


Weggeruk is mens, dier familie en plesier

Ons land bloei, ons mense verslae en kinders honger


Wanneer hou dit op, ons is moeg vir wegkruip

hierdie onsigbare vyand lê ons samelewing bloot

niemand kan meer wegkruip van ongelykheid, armoede en lee hande nie


Ons enigste behoud:

fokus op die NOU, begin van VOOR

Dalk was dit nodig vir die onsigbare vyand om ons weer te laat sien....




Thursday, July 2, 2020

Gedig vir my leen-kind



Ek wens ek kon dit vir jou makliker maak
My hart verskeur
Ek ken die pyn

Ek wens ek kon dit vir jou regmaak
My hart verskeur
Ek kan nie, ek voel jou pyn

Ek kan jou toedraai in 'n omgee kombersie, 'n verstaan kombersie, 'n slaap kombersie, 'n ek-voel-saam-met-jou kombersie

Ek is hier
My hart bly verskeur

2Julie2020
(Opgedra aan Monique)

Sunday, June 7, 2020

See, Seer, See ste

7 Junie

Die golwe hou aan rol
nimmereindigend....nes die virus

Ek asem die vars lug diep binne in,
tot by die siel van my versmoorde long

My masker, vir eens eenkant
social distance...geen mens in sig

Ek wens hierdie asem, vir elke wese in die stad
Daar is 'n virus.. see, seer, see-ste




My Psalm

29 Mei



Soms is my gedagtes netjies, almal geliaseer
Soms val my stapeltjies om

'n Nuwe normaal - NEE
dit voel asof ek 'n aktrise is in 'n onskryfde verhaal

Daar is nie 'n einde nie, net 'n anders...

Hoe verlang ek nie na my netjiese hopies
Net God kan hulle bou, nie ek nie.

Monday, May 25, 2020

Elke dag 'n anner pad

14 Mei



Stel jouself in op die regte stasie,
sodat jy kan hoor watter pad jy moet loop

witgeraas....jou pad is weg
raak stil, sodat jy kan hoor -  jy gaan gestuur word
dalk is jy reeds gestuur...jy kan dit net nie hoor nie

Jou pad wag geduldig, tot jy hom vind
jou eie pad, wat net jy kan stap                                 

Saturday, May 23, 2020

Ontmasker

21 Mei

Eerlikheid dra nie maskers nie 
Haal af jou masker
leef in vrede
Vir wie wil jy wegkruip -
dalk jouself

Raak stil, gemaklik in jou vel
Hou op TEL
God het jou

Onseker

19 Mei


Soveel vrae in my kop
my visie vervaag
Soveel onsekerheid in my gemoed
my doel verskerp

Geen plek vir twyfel
staan op, word getel
doen jou deel
onsekerheid verloor sy greep

want daar is HOOP!

Sunday, May 17, 2020

Binne

14 Mei

                                                                                           Kyk na binne, diep binne
                                 Wat sien jy?
Hou jy van wat daar skuil?
of skarrel weg, weg van binne

Raak stil, raak rustig
Kyk weer diep en luister
Jou reis het nog net begin
daar na binne, waar jy jouself sal vind

Thursday, May 14, 2020

My Kinners

13 Mei

Hul siele word gegrendel
diep toegesluit, so hoop ek ....
Buite bereik van die lewensvirus

Harde harte, lee oë 
met niks oor vir mekaar
Trek af, trek af, na onder waar ons is

Ek trek op - teen die stroom, van nog altyd af


Sunday, May 10, 2020

Winduit

10 Maart

Hier in die stilte
waar ek God kan sien
voel en ruik

Hier waar kinners nog met
klippies en stokke speel

Waar die hitte jou
winduit slaan, en al die liefde
Hier in die stilte.......


Klippe

10 Mei

'n Klip rond, grond en sand
kunssirkels van die lewe
om en om in die grond

'n Spiraal draai inwaarts
en wys jou wie jy is
die ware jy, sonder moeite